Justine Bieber se kak haarstyl

Nie net irriteer Bieber se stem die kak uit mens se ore uit nie, nou is sy haarstyl nog sleg vir oë ook. Ek kan nie dink dat iemand dieselfde haarstyl as daai doos Justine Bieber sal wil hê nie, maar dit lyk nou dat dit moer sleg is vir jou oë. Dit kan glo ambliopie (lui oog) veroorsaak.

Beeld

Telebemarkers

Ek en telebemarkers kom nie goed oor die weg nie. Ek dink dit is omdat die kommunikasie tussen ons eensydig is, daarmee bedoel ek die telebemarkers wil nie na my kant ook luister nie.

Neem nou maar byvoorbeeld verlede week toe ʼn telebemarker NOG ʼn selfoonkontrak aan my probeer verkwansel.

Kyk, ek verstaan telebemarkers wil ook ʼn inkomste verdien en so aan, maar ek wil regtig nie nog ʼn selfoon en die gepaardgaande kontrak hê nie. Glad nie. Ek wil nie.

Ek hou nie eers daarvan om oor die telefoon te praat nie. Die kontrak wat ek reeds het, se ingeslote minute (gratis minute klink vir my heeltemal verkeerd want ek betaal vir die kontrak elke maand) verval aan die einde van die maand in hopies.

Kan hy nie eerder bier aflewer nie? Dit is wat ek laas week op die Vrydagmiddag gesoek het. Bier.

En dit is nou waar die kommunikasie tussen my en die telebemarker begin ontspoor het. Toe ek mooi vriendelik gesê het ek wil nie nog ʼn selfoon hê nie, het hy aangehou en aangehou oor watse goeie “deal” dit is.

Nou verstaan hy nie ek soek bier nie. Koue bier. 12. Black Labels.

Hy begin iets mompel van die gesprek wat opgeneem word. Ja en?

Miskien is hy bang ek is onder 18, so ek verduidelik hom ek is al ver oor 18, hy moet die bier laat aflewer.

Sy stemtoon verander en hy klink vieserig toe hy vra of ek dink ek is snaaks. Nee, geensins. Ek soek bier. Koue bier.

Hy sê hy het nie gevra oor bier nie, maar oor die selfoon.

Ek het nie gevra vir die selfoon nie, kap ek terug, ek vra vir bier. Koue bier. En ʼn pak chips ook. Lays.

Hy mompel weer iets.

Oukei, ek sal die foon vat, maar dan wil ek die res van my lewe gratis bier hê. 12 Carling Black Labels elke Vrydag. En ‘n pak boerewors. 1kg.

Hy mompel weer iets en toe sit hy die foon neer.

Ek dink  regtig sy bestuurder moet vir hom heropleiding gee. Hy mompel heeltemal te veel.

By ander selfoonkontrakte kry mens ʼn voucher of ʼn TV of wasmasjien of kamera of so iets, hoekom nie bier nie?

Sosiale netwerke

Ek wonder wat het ek voorheen gedoen? Dis nou voor Facebook en Twitter en Google + (suig bokdrolle ek laaik dit nie baie nie) en Flickr en Tumblr en ʼn hele spul aanlyn forums en so aan.

So paar maande terug, het ek nog gedink dis fucked up as mense in ʼn kuierplek met hulle fone besig is, heeltemal onbewus van wat om hulle aangaan.

Laas week toe sit ek in ʼn kroeg, en na ʼn ruk kom ek agter: Fokkit, my hele 1 liter draught is warm en flat, ek sien nou eers wie sit langs my by die bar counter en intussen het dit al skemer geword. Ek het nie ʼn clue wat in die bar aangaan nie en my bier is moer toe, want ek was op my foon besig en ek Tweet en Tumbl en kyk kak status updates en foto’s van mense wat ek nog nie in lewende lywe gesien het nie op Facebook.

ʼn Vriend se niggie se ma se ouma het verjaar. Ek het nie ʼn clue wie die gryskop krimpie is nie, maar ek check foto’s van haar verjaarsdag partytjie. Een van haar kleindogters lyk soos ʼn onderkleremodel met ʼn paar groot noenoes. Dalk is dit wat my laat kyk het na die album van vreemde mense.

Ek het nou sommer baie Twitter gebruikers wat net kak kwytraak ge-unfollow en by Facebook die settings verander dat ek by meeste mense “Only important updates” kry en by klomp sommer unsubscribe. Dieselfde met Tumblr en klomp ander plekke.

Dis weer tyd vir die regte wêreld, met yskoue bier en tasbare vriende en grappe wat die ou langs my in die kroeg vertel (wat hy seker op Facebook gelees het).

Hallo, my naam is Kopbeen en ek is verslaaf aan sosiale netwerke dink ek…

Surfer op ‘n moerse brander

Epic! Hy’t seker nou nog ‘n horing.

Courtney Love – Uncool